Friday, 13 September 2013

Die vakansie breek.....

Ek weet ons kom nou pas van praktiese onderwys, en 'n week breek na dit, maar ek het regtig hierdie week van rus nodig gehad. Ek is totaal en al uitgepit van die 2 weke van studeer. Ek weet dit is voorbereiding vir die eksamen, maar daar is net soveel my brein kan vat. Ek het darem nie heeldag gele en slaap nie. Hierdie week het my 'n kans gegee om aan my literacy taak te werk, wat amper in moet gaan en ek het skaars daarmee begin.........

Laas naweek het ek my family gesien wat ek in jare nie gesien het nie. Dit was baie opwindend om hulle weer te sien. Hulle het my gevra, onder andere wat ek nou met my lewe doen? Ek was trots om te beklemtoon dat ek onderwys studeer. Dit het goed gevoel dat ek hulle gelukkig en trots van my kan maak, omdat ek darem iets van my self wil en gaan maak, en nie net 'n klomp kinders baar nie lol. Tydens my praktiese onderwys kon ek voel hoe dit voel om 'n moeder te wees, vol pret, maar heeltemal uitdringend.

EK MIS HULLE SOMER NOU VREESLIK BAIE!!!!!!

2 comments:

  1. Dit is so waar. Ons is so besig, ons vat skaars grond. Ek het jou skryfstuk baie geniet. Ek kan nie wag vir die volgende een nie.

    ReplyDelete
  2. Ek weet hoe jy voel vriendin, dit verg soveel energie om 'n vlotydse student te wees.

    ReplyDelete