Wednesday, 2 October 2013

Die Einde!!!!!! Dankie tog!

Hierdie blog het my eindelose nagmeries gegee. Die eerste dag van hierdie opdrag het ek panikerig begin word, omdat ek niks van tegnologie weet nie. Ek moes seker die eerste dag omtrent 5 blog geskep het en na die tyd nogsteeds nie geweet het wat om te doen nie.

Uiteindelik het ek dit reg gekry om dit te skep en kon nou aan die mislike omdrag werk. Elke week het ek aaklig gevoel, want ek was seker daar gaan iets fout met my blog wees. Na die eerste 2 inskrywings kon ek met 'n geruste hart gaan slaap het,want ek het besef dat daar niks fout met die blog is nie, maar die skrywig in afrikaans het nou 'n nagmerie geword. Gelukkig het ek 'n maatjie gehad om my te help waar ek gesukkel het.

Ek het nog nooit soe baie emosies vir 1 opdrag ervaar in my leeftyd nie, maar ek het dit 'n klein bietjie geniet.Eks baie bly dus nou klaar. EK SAL NOOIT WEER IETS SOOS DIT IN MY LEWE DOEN NIE en hoop niemand verwag dit ook van my nie.