Wednesday, 2 October 2013

Die Einde!!!!!! Dankie tog!

Hierdie blog het my eindelose nagmeries gegee. Die eerste dag van hierdie opdrag het ek panikerig begin word, omdat ek niks van tegnologie weet nie. Ek moes seker die eerste dag omtrent 5 blog geskep het en na die tyd nogsteeds nie geweet het wat om te doen nie.

Uiteindelik het ek dit reg gekry om dit te skep en kon nou aan die mislike omdrag werk. Elke week het ek aaklig gevoel, want ek was seker daar gaan iets fout met my blog wees. Na die eerste 2 inskrywings kon ek met 'n geruste hart gaan slaap het,want ek het besef dat daar niks fout met die blog is nie, maar die skrywig in afrikaans het nou 'n nagmerie geword. Gelukkig het ek 'n maatjie gehad om my te help waar ek gesukkel het.

Ek het nog nooit soe baie emosies vir 1 opdrag ervaar in my leeftyd nie, maar ek het dit 'n klein bietjie geniet.Eks baie bly dus nou klaar. EK SAL NOOIT WEER IETS SOOS DIT IN MY LEWE DOEN NIE en hoop niemand verwag dit ook van my nie.

Wednesday, 25 September 2013

Hoe om die universiteit se werklas te beheer!

Universiteit kan soms baie oorweldigend raak. Daar is altyd opdragte en take om klaar te maak. Hier is 'n paar ruglyne om jou te help om kop bo water te hou!
  • Beplan jou skedule, insluitend jou persoonlike lewe.
  • Werk 'n studieplan uit vir klas toetse.
  • Begin onmiddelik werk aan take. Moet nie wag tot die laaste minuut om daarmee te begin nie, jy gaan vasbrand.
  • Vergelyk notas met klas maats op 'n gereelde basis, om seker te maak jy het al die notas.
  • Maak altyd persoonlike notas van dosente, dit help tydens eksamen tye.
  • Wees altyd georganiseerd, al die notas kan soms oorweldigend raak.
As jy hierdie paar ruglyne volg sal jy nie bekommerd raak nie en kampus lewe sal weer soos skool voel!

Friday, 13 September 2013

Die vakansie breek.....

Ek weet ons kom nou pas van praktiese onderwys, en 'n week breek na dit, maar ek het regtig hierdie week van rus nodig gehad. Ek is totaal en al uitgepit van die 2 weke van studeer. Ek weet dit is voorbereiding vir die eksamen, maar daar is net soveel my brein kan vat. Ek het darem nie heeldag gele en slaap nie. Hierdie week het my 'n kans gegee om aan my literacy taak te werk, wat amper in moet gaan en ek het skaars daarmee begin.........

Laas naweek het ek my family gesien wat ek in jare nie gesien het nie. Dit was baie opwindend om hulle weer te sien. Hulle het my gevra, onder andere wat ek nou met my lewe doen? Ek was trots om te beklemtoon dat ek onderwys studeer. Dit het goed gevoel dat ek hulle gelukkig en trots van my kan maak, omdat ek darem iets van my self wil en gaan maak, en nie net 'n klomp kinders baar nie lol. Tydens my praktiese onderwys kon ek voel hoe dit voel om 'n moeder te wees, vol pret, maar heeltemal uitdringend.

EK MIS HULLE SOMER NOU VREESLIK BAIE!!!!!!

Tuesday, 3 September 2013

die eksamen SAGA

Oh... genade dus al weer amper eksamen tyd! Ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie en ek is nog nie eens naby gereed nie. Ek het nog so baie uitstalige werk om klaar te maak en boonop moet ek leer vir weeklikse toetse. Waar op dees aarde gaan ek al die tyd vind?. Ek voel soos 'n belaaide donkie, wat enige oomblik ineen gaan stort.

Laasweek was 'n baie stresvolle week, omdat ek heel week aan  sielkunde gestudeer het. Dit was so baie werk, ek was nie seker of ek alles sou kon onthou nie. Op een stadium het my brein soos 'n rysdreineerder  gevoel, alles wat in gaan loop weer onder uit. Later aan wou ek opgee, maar die eenigste ding wat my laat voortduur het, was my belofte wat ek aan myself, familie en kerel gemaak het. En aan die einde van die dag gaan ek die vrugte van my harde werk pluk.

Wednesday, 28 August 2013

klein lewens verhaal oor my!!!!!

Iets wat mees mense nie van my weet nie, is dat ek  baie skaam is. Al wat hulle my sien doen elke dag van my lewe is glimlag. Ek kan nie my dag sonder dit begin nie, anders is dit nie 'n normale dag nie. Die rede hoekom ek so skaam is, is omdat ek NIE HOU van aandag op my nie, ek raak vreeslik senuweeagtig en begin hakkel. Maar onder al daardie skaamerigheid is ek baie ambitious en dapper.

Die rede hoekom ek hierdie titel vir my blog gekies het, is omdat ek  my daaglikse/ weeklikse ervaring van my studie loopbaan wil deel, sodat mense wat 'n swaar ombring het, kan sien dat daar wel lug aan die einde van die tonnel is. Ek myself het nie  wonderlike kinderjare gehad nie. Ek was altyd een van daardie kinders wat mense gese het sy sal nie 'n sukses wees in die lewe nie. Daarom werk ek onsetlik baie hard om my droom waar te laat word, om myself en my family trots te maak. Sonder die ondersteuning van my kerel sal ek nie nou in hierdie posisie gewees het nie, baie dankie Faheem Isaac.

MS. K.D