Tuesday, 3 September 2013

die eksamen SAGA

Oh... genade dus al weer amper eksamen tyd! Ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie en ek is nog nie eens naby gereed nie. Ek het nog so baie uitstalige werk om klaar te maak en boonop moet ek leer vir weeklikse toetse. Waar op dees aarde gaan ek al die tyd vind?. Ek voel soos 'n belaaide donkie, wat enige oomblik ineen gaan stort.

Laasweek was 'n baie stresvolle week, omdat ek heel week aan  sielkunde gestudeer het. Dit was so baie werk, ek was nie seker of ek alles sou kon onthou nie. Op een stadium het my brein soos 'n rysdreineerder  gevoel, alles wat in gaan loop weer onder uit. Later aan wou ek opgee, maar die eenigste ding wat my laat voortduur het, was my belofte wat ek aan myself, familie en kerel gemaak het. En aan die einde van die dag gaan ek die vrugte van my harde werk pluk.

1 comment: