- Beplan jou skedule, insluitend jou persoonlike lewe.
- Werk 'n studieplan uit vir klas toetse.
- Begin onmiddelik werk aan take. Moet nie wag tot die laaste minuut om daarmee te begin nie, jy gaan vasbrand.
- Vergelyk notas met klas maats op 'n gereelde basis, om seker te maak jy het al die notas.
- Maak altyd persoonlike notas van dosente, dit help tydens eksamen tye.
- Wees altyd georganiseerd, al die notas kan soms oorweldigend raak.
Wednesday, 25 September 2013
Hoe om die universiteit se werklas te beheer!
Universiteit kan soms baie oorweldigend raak. Daar is altyd opdragte en take om klaar te maak. Hier is 'n paar ruglyne om jou te help om kop bo water te hou!
Friday, 13 September 2013
Die vakansie breek.....
Ek weet ons kom nou pas van praktiese onderwys, en 'n week breek na dit, maar ek het regtig hierdie week van rus nodig gehad. Ek is totaal en al uitgepit van die 2 weke van studeer. Ek weet dit is voorbereiding vir die eksamen, maar daar is net soveel my brein kan vat. Ek het darem nie heeldag gele en slaap nie. Hierdie week het my 'n kans gegee om aan my literacy taak te werk, wat amper in moet gaan en ek het skaars daarmee begin.........
Laas naweek het ek my family gesien wat ek in jare nie gesien het nie. Dit was baie opwindend om hulle weer te sien. Hulle het my gevra, onder andere wat ek nou met my lewe doen? Ek was trots om te beklemtoon dat ek onderwys studeer. Dit het goed gevoel dat ek hulle gelukkig en trots van my kan maak, omdat ek darem iets van my self wil en gaan maak, en nie net 'n klomp kinders baar nie lol. Tydens my praktiese onderwys kon ek voel hoe dit voel om 'n moeder te wees, vol pret, maar heeltemal uitdringend.
EK MIS HULLE SOMER NOU VREESLIK BAIE!!!!!!

Tuesday, 3 September 2013
die eksamen SAGA
Oh... genade dus al weer amper eksamen tyd! Ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie en ek is nog nie eens naby gereed nie. Ek het nog so baie uitstalige werk om klaar te maak en boonop moet ek leer vir weeklikse toetse. Waar op dees aarde gaan ek al die tyd vind?. Ek voel soos 'n belaaide donkie, wat enige oomblik ineen gaan stort.
Laasweek was 'n baie stresvolle week, omdat ek heel week aan sielkunde gestudeer het. Dit was so baie werk, ek was nie seker of ek alles sou kon onthou nie. Op een stadium het my brein soos 'n rysdreineerder gevoel, alles wat in gaan loop weer onder uit. Later aan wou ek opgee, maar die eenigste ding wat my laat voortduur het, was my belofte wat ek aan myself, familie en kerel gemaak het. En aan die einde van die dag gaan ek die vrugte van my harde werk pluk.

Subscribe to:
Posts (Atom)