Iets wat mees mense nie van my weet nie, is dat ek baie skaam is. Al wat hulle my sien doen elke dag van my lewe is glimlag. Ek kan nie my dag sonder dit begin nie, anders is dit nie 'n normale dag nie. Die rede hoekom ek so skaam is, is omdat ek NIE HOU van aandag op my nie, ek raak vreeslik senuweeagtig en begin hakkel. Maar onder al daardie skaamerigheid is ek baie ambitious en dapper.
Die rede hoekom ek hierdie titel vir my blog gekies het, is omdat ek my daaglikse/ weeklikse ervaring van my studie loopbaan wil deel, sodat mense wat 'n swaar ombring het, kan sien dat daar wel lug aan die einde van die tonnel is. Ek myself het nie wonderlike kinderjare gehad nie. Ek was altyd een van daardie kinders wat mense gese het sy sal nie 'n sukses wees in die lewe nie. Daarom werk ek onsetlik baie hard om my droom waar te laat word, om myself en my family trots te maak. Sonder die ondersteuning van my kerel sal ek nie nou in hierdie posisie gewees het nie, baie dankie Faheem Isaac.
MS. K.D